Hoe som ek my 8 jaar by die Elvis fan club in 'n paar paragrawe op... want ek kan seker 8 boeke vol skryf!
Julle ken al die storie
van hoe Annemarie my Elvis geforce-feed het - maar ek moet darem bysê dat ek
dit baie gewillig gedoen het! En ook maar goed, want dink net hoe baie sou ek
op uitgemis het.
As ek so terugkyk op my Elvis journey, staan daar so baie
dinge uit, maar dit wat vir my die meeste uitstaan, is hoe baie ek as mens
gegroei het. Ek besef hoe ‘lucky’ ek is dat die fan club en al sy mense my pad
gekruis het. Ek kan
nie my lewe daarsonder indink nie.
Op ‘n
praktiese punt... rekenaarvaardighede, video clips, fotos, ‘n skroewedraaier,
staple gun, dataprojektor, toere, dekor, onderhoude… ek het nie die sertifikate
om te wys nie, maar ek moes vining leer om al hierdie dinge te behartig.
Op ‘n komiese punt… In Die Gopse, freaky fans
met jumpsuits en cowboy boots, ‘n vis op ‘n houtplank wat Hound Dog sing, ‘n
“first-time overseas traveller” wat vir die toilet dankie sê toe dit vanself
begin spoel, tannies wat baie weet van Dawid Kramer en kerse wat nie wil doodgaan
as mens dit uitblaas nie.
Deur al die dinge wat ek a.g.v. die fan club ervaar het,
is my lewe soveel meer ryker. Ek het beleef dat familie nie net bloed is nie,
want uit die lede het ek ‘n paar ma’s en sussies bygekry. Selfs ‘n dierbare oom,
al bly hy so vêr. Ek het geleer hoe kosbaar vriende is die oomblik toe die
vliegtuig van Dakar
af opstyg en die ore, skouers en harte wat oopgaan wanneer ek laagte- maar ook
hoogtepunte bereik.
Die grootste gewaarwording was dat ek my eie inner Elvis
gevind het. Waar Elvis altyd soekend was na sy tweelingboetie, het ek my
soulmate gevind. Ek het geleer dat familie en vriende baie meer werd is as
materiële dinge. Ek het baie meer waardering vir vintage motors en vintage
mense met vintage wyshede.
En as die lewe n bietjie druk, is daar altyd die fan club, my eie Graceland.
En as die lewe n bietjie druk, is daar altyd die fan club, my eie Graceland.
Nicolette Meades © EPFCA
No comments:
Post a Comment